1. • Deur toestemming te gee tot die bepalings van hierdie inligtingsvorm, magtig u hiermee Noag se arkie vrywillig om u persoonlike inligting sowel as dié van die leerder te verwerk, (met inbegrip van die name, straatadres, telefoonnommers en enige ander inligting wat u aan die skool verstrek).
2. Verwerking sluit in die ontvangs, optekening, organisering, sortering, stoor, bywerking of aanpassing, herwinning, wysiging, raadpleging en gebruik; die verspreiding by wyse van oorsending, uitreiking of beskikbaarstelling in enige ander vorm, of die samesmelting, koppeling sowel as inperking, degradasie, uitwissing of vernietiging van inligting, asook beskikbaarstelling aan 'n ander party wat 'n direkte belang by die kleuter het.
3. Deur hierdie toestemming te verleen, begryp ek dat die kleuterskool foto's/beeldmateriaal/video's van die kleuter(s) kan gebruik om prestasies te vier en onderwysgeleenthede bekend te maak soos wat die skoolbeheerliggaam en die skoolhoof goeddink en dat sodanige gebruik vertoning in die skoolfotogalery kan insluit.
4. Hierdie toestemming is onmiddellik van krag en sal van krag bly totdat een van die voorwaardes ingevolge paragraaf 8 van die Beleid oor die Beskerming van Persoonlike Inligting nagekom is.
5. Die persoonlike inligting mag slegs verwerk word indien dit voldoende, tersaaklik en binne perke is in die lig van die doel waarvoor dit verwerk word en indien verwerking ooreenkomstig die betrokke bepalings van POPI geskied. Die doel van die verwerking van inligting moet met 'n werksaamheid of aktiwiteit van die kleuterskool verband hou.
6. Ingevolge artikel 11 van POPI kan persoonlike inligting slegs in die volgende omstandighede verwerk word:
- indien die kleuter, of 'n bevoegde persoon in geval die kleuter 'n kind is, tot verwerking toestem
- indien verwerking noodsaaklik is vir die uitvoering van handelinge met die oog op die sluiting of nakoming van 'n kontrak waarin die kleuter 'n party is
- indien verwerking voldoen aan 'n plig wat die kleuterskool volgens wet opgelê word
- indien verwerking 'n regmatige belang van die kleuter beskerm
- indien verwerking noodsaaklik is vir die uitoefening van 'n openbare regsplig
- indien verwerking noodsaaklik is om in die kleuterskool se regmatige belang op te tree.