Meer inligting

Kleuterskool Klasse:

Daar is 3 klasse in Noag se arkie kleuterskool:

  • Vissie-klas: 2-3 jariges
  • Eendjie-klas: 3-4 jariges
  • Kameelperd-klas: 4-5 jariges

Skooltye:

  • Noag se arkie® is oop vanf 7:00.
  • Die dagprogram begin stiptelik om 8:15
  • Ontbyt word bedien teen 8:15
  • Laatkommers steur die groepsaktiwiteit en verbreek die konsentrasie van die ander kleuters. Sorg asb dat kleuters betyds by die skool sal wees
  • Daar is half dag tot 14:00 en voldag tot 17.30
  • Wees asb stiptelik met die afhaal van kleuters

Etes:

Die kleuterskool voorsien die kleuters van die volgende:

  • 08:15 : Ontbyt
  • 10:00 : Broodjie en vrug / water of rooibostee
  • 11:45 : Gekookte middagete en vrugtesap
  • 15:00 : Kleuters bring eie versnapering, bv. ‘n broodjie, joghurt en neute

Spyskaart:

Ons voorsien ‘n twee-weeklikse spyskaart

Week 1 & 3:

  • Maandag: Pasta met maalvleis en gemengde groente
  • Dinsdag: Pasta met hoender, en pampoen
  • Woensdag: Visvingers, Kappok-aartappels en ertjies
  • Donderdag: Herderspastei en beet
  • Vrydag: Makaroni en kaas met worsies, en komkommer

Week 2 & 4:

  • Maandag: Pasta met maalvleis, en soet wortels
  • Dinsdag: Beesworsies, rys met gravy en blomkool
  • Woensdag: Frikadelle, kappok aartappels en ertjies
  • Donderdag: Hoenderstukkies op rys met ‘n sous, en patats
  • Vrydag: Visvingers en Oond-tjips, met wortelstokkies

Skoolklere:

  • As deel van die registrasiefooi van R500, ontvang elke kleuter ‘n Noag se arkie® speelpakkie (hempie en broekie).
  • Ons verkoop ook reënjassies (drymacs) en sweetpakke
  • Noag se arkie® klere word elke Vrydag gedra, en ook op uitstappies