Noag se arkie® Personeel
Elaine de Bruin het ‘n BA Kindersielkunde-graad verwerf aan die Randse Afrikaanse Universiteit, en daarna ‘n onderwys-diploma van UNISA.
Sy het vir 6 jaar skoolgehou by ‘n groot departementele kleuterskool in Randburg, naamlik. Unika Pre-Primêr. Daarna het sy haar eie kleuterskool in Randburg bedryf vir vyf jaar.
Elaine is ‘n mamma van twee kleuters. Kinders is absoluut haar passie! Dus gaan sy uit haar pad uit om Noag se arkie baie spesiaal te maak. Sy streef daarna dat die kleuters veilig, geborge en gelukkig voel by die skool.

Die personeel by Noag se Arkie® is ongelooflik oulik en gee regtig om vir die kinders. Hulle skep ’n warm en liefdevolle omgewing waar elke kind spesiaal en veilig voel. Met soveel geduld en deernis luister hulle na die kinders se behoeftes en help hulle om met selfvertroue groot te word. Van die vriendelike glimlagte tot die kreatiewe aktiwiteite, alles wat hulle doen, wys hoe passievol en toegewyd hulle is om elke kind gelukkig te maak.
