Nasorg – Waar kinders groei en leer in ’n veilige omgewing

Noag se Arkie® bied ’n veilige, stimulerende en Christelik-gefundeerde nasorg omgewing vir leerders van laerskole onderandere Panorama Laerskool. Die fokus val op gebalanseerde etes, huiswerk ondersteuning en opvoedkundige aktiwiteite wat kinders se selfvertroue en leer vermoë bevorder.

Graad R tot Graad 3

Gerieflike nasorg ure

Maandag–Vrydag: 13:00–17:30

Hierdie reëlings maak dit moontlik vir werkende ouers om met gemoedsrus te weet dat hul kinders in ’n veilige en versorgende ruimte is ná skool.

Gebalanseerde etes

Kinders ontvang elke middag ’n heilsame maaltyd wat hul energie vlakke aanvul en gesonde eetgewoontes bevorder. Voedingsinhoud word noukeurig beplan om te verseker dat hulle genoegsame voeding kry om die res van die dag se aktiwiteite vol te hou.

Nasorg huiswerk ondersteuning

Personeel staan gereed om leerders te help met huiswerk en enige vrae wat mag voorkom, deur individuele aandag te bied.


Noag se Arkie® kyk dat nasorg leerders van Laerskole e.g. Panorama Laerskool ná skool in goeie hande is—met gebalanseerde etes, huiswerk ondersteuning en ’n omgewing waarin hulle veilig kan groei en ontwikkel.

Kontak ons vir meer inligting

en_ZAEnglish