Noag se arkie® kleuterskool
Visie:Om elke kleuter in die kleuterskool die geleentheid te gee om ten volle te ontwikkel ter voorbereiding vir graad R. Noag se arkie® kleuterskool streef daarna dat elke kleuter sy volle potensiaal sal bereik, deur gehalte opvoeding, met deernis en liefde. Die kleuter kom altyd eerste
Missie:
Noag se arkie® kleuterskool streef daarna om:
- ‘n Veilige kleuterskool te wees vir die kleuters
- Die kleuters geestelik, verstandelik en liggaamlik voor te berei vir die wêreld daar buite
- Gesonde, konstruktiewe spel en ontspanning te bied vir die kleuters
Ons handhaaf ‘n oop beleid en u as ouers moet asb die vrymoedigheid neem om enige kwessie rakende u kind, met die hoof te bespreek
- Gestruktureerde dagprogramme
- Temas waarvolgens elke week se beplanning en werkies gedoen word
- Deurlopende assessering
- Verslae 2 keer per jaar
- Daaglikse skriftelike terugvoering aan die ouers in die vorm van ‘n dagboekie, wat dan elke dag huis toe gaan